Monday, May 2, 2011

Feb - April 2011

Jammer dit het so lank gevat om weer nuus te stuur, maar gelukkig kan ek met eerlikheid sé ons het vanaf die 18de Feb tot en met 21 April aan mekaar spanne gehad, en intussen het ons lekker vet pret gehad met ons kinder program.

Die eerste naweek in Maart was ek en James uitgenooi weereens vir 'n naweek van Nascar - dit was heerlik.  Het nooit gedink ek sal van geraas en rook hou nie, maar moet baie eerlik wees, die is darem stukke beter as die drags in SA!!!  het glads my eie gunsteling kar!




In die middel van Maart het ons ons gunsteling span hier gehad van Kanada, gelukkig die jaar net 30 en hulle het ons gehelp met ons olimpiese spele vir die kinder program (eintlik was dit sommer net boeresport, maar hoe sal die klomp dit nou verstaan!!)



Soos gewoonlik is James in die middel van alles!
Die kinders speel darem ook nie die hele tyd nie.  Ons was so trots op ons kinders want omtrent 2/3 van al die kinders het 1ste of 2de plek in hulle klas gekry die afgelope termyn as gevolg van al die hulp wat hulle gekry het met hul huiswerk.


Ons het baie reen gehad die afgelope maande, ongewoon vir die area waar ons bly.  Een oggend staan ek en James by die kombuis en wag vir die mense om te kom eet en hoor net een hengse slag.  Hulle verf bodega (stoor - sien nou leer julle sommer 'n nuwe spaanse woord) het uitmekaar geval van al die reen.  Alles word mos van hout gebou en die bodega was vrot van al die reen.



Gelukkig was die steun pilaar en dak darem nog daar!
 Met die hulp van 'n paar ouens van Las Vegas het pa Piet sommer 'n nuwe fancy bodega vir hulle gebou - natuurlik moes dit groter wees as die vorige een.



Die eerste naweek in April het ons 'n mans konferensie gehad met 52 ouens wat hier gebly en geeet het.  Was natuurlik van vroeg dag tot lank na son onder in die kombuis besig met kosmaak en skottelgoed was.



Die tafel amper te klein om al die slaai borde te vat

'n egte Mexican slaai vir die ouens
  Die 19de April was ek en James 25 jaar getroud - klink na 'n leeftyd, maar glo my die tyd gaan so vinnig verby ek begin al beplan vir die 50ste een :)  My grootste wens is om nog op 'n seevaart te gaan, en ek en James het besluit dit is hoe ek gaan lyk die dag as ons gaan, reg met my hoed en roeispaan ingeval ons 'n reddingsboot nodig het.


Net om die somer welkom te heet, het ek James se hare gesny - en vir die REKORD - hy het die nommer van die knipper gegee, ek het net die snywerk gedoen.


Tot ek weer met julle gesels, mooi bly en sien uit na julle winter - dankie tog hier begin dit somer raak, maar soos ons mense maar is, ek weet binnekort gaan ons kla oor die hitte!