Die eerste naweek in Maart was ek en James uitgenooi weereens vir 'n naweek van Nascar - dit was heerlik. Het nooit gedink ek sal van geraas en rook hou nie, maar moet baie eerlik wees, die is darem stukke beter as die drags in SA!!! het glads my eie gunsteling kar!
In die middel van Maart het ons ons gunsteling span hier gehad van Kanada, gelukkig die jaar net 30 en hulle het ons gehelp met ons olimpiese spele vir die kinder program (eintlik was dit sommer net boeresport, maar hoe sal die klomp dit nou verstaan!!)
Soos gewoonlik is James in die middel van alles! |
Ons het baie reen gehad die afgelope maande, ongewoon vir die area waar ons bly. Een oggend staan ek en James by die kombuis en wag vir die mense om te kom eet en hoor net een hengse slag. Hulle verf bodega (stoor - sien nou leer julle sommer 'n nuwe spaanse woord) het uitmekaar geval van al die reen. Alles word mos van hout gebou en die bodega was vrot van al die reen.
Gelukkig was die steun pilaar en dak darem nog daar! |
Die eerste naweek in April het ons 'n mans konferensie gehad met 52 ouens wat hier gebly en geeet het. Was natuurlik van vroeg dag tot lank na son onder in die kombuis besig met kosmaak en skottelgoed was.
Die tafel amper te klein om al die slaai borde te vat |
'n egte Mexican slaai vir die ouens |
Net om die somer welkom te heet, het ek James se hare gesny - en vir die REKORD - hy het die nommer van die knipper gegee, ek het net die snywerk gedoen.
Tot ek weer met julle gesels, mooi bly en sien uit na julle winter - dankie tog hier begin dit somer raak, maar soos ons mense maar is, ek weet binnekort gaan ons kla oor die hitte!
No comments:
Post a Comment