Wednesday, January 26, 2011

Januarie 2011

Hallo almal


Voorspoedige Nuwe Jaar vir julle almal en ek hoop jul almal se wense kom waar.  Ons grootste wens natuurlik dat vriende en familie die jaar vir ons kom kuier.  Het darem al 'n belofte van Tiaan en Renette om Desember 2012 te kom kuier.  Maryna en Tannie Joek sien ons einde Jan vir so paar dae.


Hier by ons het die jaar maar koud en mistroostig geeindig en begin, soos julle kan sien met die foto, dit was kersoggend.

Maar soos opregte Suid Afrikaaners het ons ons glad nie laat afsit met die weer buite nie - kon nou wel nie die gewone braai en swem doen nie, maar glo my ons het goed weg gelê in die kosse vir die dag.  Hier 'n paar foto's van ons dag. 
Reg vir die dag, warm aangetrek en al begin eet van vroeg af met die koek op die tafel voor ons.

Genoeg kos vir 'n army, maar gelukkig was daar geen bang haar op ons koppe nie ::)))


Die res van die koue dag deurgebring met Bingo, Monopoly and natuurlik die familie gunsteling - Uno.

Voor Kersdag het ons vir die kinders van ons program 'n heerlike kersparty gehad.  'n Kerk van Los Angeles het al die geskenke gestuur en elke kind het sy eie geskenk gekry.  Daar was so baie glimlagte die dag,  en ons voel so bly want daar is kinders wat ons weet nie geskenke gaan kry vir Kersfees nie.


James en Marie "Vader en Moeder Kersfees"


Die grootste geskenk ooit, hierdie is seker een van die ernstigste kinders wat julle nog gesien het, wel hierdie is die eerste keer wat ons 'n glimlag van hom sien.  Het die hele dag met sy remote control kar onder die arm rond geloop, was te bang iemand raak net daaraan.


Die kleinste van almal het amper die grootste geskenk gekry, glads die pak lekkers wat hy saam gekry het eenkant gegooi en die kitaar gegryp (o ja, voor ek vergeet, dit is my en James se aangenome kleinseun!)

Ons het ook vir ons Spaanse bybelstudie dames 'n tee gegee vir hulle afsluiting.  Was baie trots op ons tafel versierings, en natuurlik al die kos was self gemaak (meeste deur ma Babs natuurlik)


Hierdie is my spogstuk van die dag, koek van scratch gemaak.


'n foto van al die dames na hulle lekker trommel dik geeet het.



Nou is alles weer terug na normaal.  Die skool het begin na die kers vakansie en ons gaan weer volstoom aan met ons normale dinge. 


Hier is 'n video wat ek weet julle sommer baie gaan geniet.  Met sy kitaar het die outjie besluit hy is nou reg om die singery op 'n Woensdag aand met die bybelstudie te join.

Tot volgende keer, groetnis van ons hier in Mexico

No comments:

Post a Comment