Thursday, July 28, 2011

Hoe om tamalies te maak

Hi daar

Wil met julle deel hoe om tamalies te maak - het verlede week na 3 jaar die eerste keer ons eie gemaak.  Dit is 'n tradisionele gereg (soos pap en sous) hier in Mexico.  Daar is juis 'n grappie wat saamgaan met die gereg - hulle vra "hoekom kry Mexikaanse kinders tamalies vir kersfees" - "sodat hulle pakkies het om oop te maak".

Dit was baie werk, maar lekker pret omdat die vrou wat ons gewys het, nie skroom om ons te wys hoe onnosel ons is nie.

Die gereg word gemaak van 'n mengsel wat lyk soos mieliemeel.  Dit word gestoom in mielieblare.  Jy kan dit vul met enige iets onder die son as jy jou verbeelding gebruik (amper soos samoesas).  Hier is 'n paar foto's om te beskryf hoe ons dit gemaak het.

Eerste die voorbereiding wat voel asof dit ure en ure vat.  Die deeg moet vir 'n uur aanmekaar geroer word (aangesien ons nie 'n elektriese mengel het nie).  Vir hierdie tamalies het ons net gekookte hoender en salsa ingesit.

Ek en Corne besig met die mengsel en hoender


Na al die geroer, eers 'n rus kansie sodat die mielieblare kan sag word in warm water en 'n koffie gesluk kan word.

Hier smeer ons die mielieblare met 'n dun lagie van die meel mengsel.   Soos die tamalie stoom word die mengsel gaar (soos pap) en as jy dit te dik aansmeer is dit glad nie lekker en proe jy nie eers wat binne in is nie.


Nou sit jy jou vulsel in - ons het hoender gebruik, maar hulle is ook baie lekker met vark.  Van die mense sit tot rissies gevul met kaas binne in.



Nou kom die lekker deel - die salsa.  Hier het ons 'n rooi een gebruik en glo my dit is glad nie sterk nie, proe amper soos tamatiesous.  Die groen een het die lekker skop in.



Hulle word nou mooi gevou en vas gebind en in 'n pot gesit.



Moes eers die kleintjie uit die pot kry voor ons die tamalies daar kon in kook.  Dit is die baba van die Amerikaanse paartjie wat saam met ons hier werk, baie oulike baba.



Hier is die regte tamalies in die pot.  Daar is 'n boom met gaatjies onder die pot sodat jy die water kan insit.  Die tamalies word nou gestoom vir ongeveer 2ure tot gaar.



Die span wat hier was van Las Vegas kon nie glo ons het dit self gemaak nie, het ons onder die tafel ingeeet.

No comments:

Post a Comment