Wednesday, December 15, 2010

October tot November 2010

Genade, kan nie glo die jaar is al amper verby nie.  Hierdie was twee bitter-soet maande.  Soet - James het die geleentheid gehad om by sy familie te kuier in Suid Afrika, maar bitter want ons het afskeid geneem van skoonsus Liz wat haar moedige stryd verloor het teen die kanker.


Terwyl James besig was in SA met die....


was die res van ons aan die gang hier in Mexico.


Na maande se pamperlang en troetel van Pa Piet, het ons die groot in weiding van die sokker veld gehad.

Hier is 'n paar foto's om te deel wat ons alles die dag gedoen het.

Die meisies verkies die groot bal

Twee van die heel kleintjies besig met hulle snacks

Besig om hotdogs uit te deel

Die ma's maak goeie cheerleaders

Kleintjies besig met hulle wedstryd

Tot die mans en vrouens het teen mekaar gespeel

Aan almal van julle.....

FELIZ NAVIDAD Y UN PROSPERO AÑO NUEVO

Friday, October 8, 2010

September - bladsy 4

Die laaste twee weke van September was een van die tye wat mens nie sommer maklik sal vergeet nie, want die seer spiere elke aand herinner jou daaraan.  Langs ons het twee jongmense gewoon wat deurmekaar was met dwelms.  Die ma van die seun het hom in 'n rehab laat sit en die meisie is terug na haar familie in die VSA.  Na 'n paar weke se onderhandelinge het sy toestemming gegee dat een van die pastore (die een wat ons bybelstudie doen op 'n Woensdag) kan intrek.

Saam met 'n span van Las Vegas het ons hierdie huis behoorlik op sy kop laat staan en verander.  Die groot konstruksie werk is deur die span gedoen die een week, maar al die fyn afwerk is deur ons gedoen.  James het die gas geyser ingesit, die stoof gekoppel.  Pa Piet het al die teel werk gedoen.  Ek het die verf werk in die twee badkamers gedoen en ma Babs het gehelp verf en skoonmaak.

Hier 'n paar foto's van die huis.

Voor ons begin het, het hy so gelyk....

Na ons buite klaar was, lyk hy nou so (die werk goete is darem intussen weg gevat)


Die agterkant voor James die geyser ingesit het vir hulle



Die kombuis, eetkamer en sitkamer is een groot vertrek, hier is 'n paar voor en na foto's van dit.





In plaas van een groot slaapkamer is daar nou twee kamers.  Een vir die ouers en een vir hul 10 jarige dogter.



Dit is die dogter se nuwe kamer.












Die badkamers was die grootste uitdaging.
Eerste badkamer

Tweede badkamer en die vertrek waarop ons almal die trotste is...



Daar is net plek vir die ouers en die dogter om te slaap. Die twee seuns (18 en 19) slaap tans in die sitkamer.  Ons het almal om ons gevra vir 'n RV of ou trailer, en is 'n bus geskenk.  Nou hier is ons volgende uitdaging om vir die twee seuns 'n slaap plek te kan maak daar.  Het die bus langs die huis getrek.


Hopenlik met die volgende blog kan ek vir julle foto's stuur van die veranderinge ook.

September - bladsy 3

Die 15de September was 'n groot dag hier in Mexico.  Hulle het hul 200ste "Independance" gevier.  Ons het saam met die skool kinders en die bybelstudie pret gehad met die vieringe.  Hier is so paar foto's en video's oor die dag.

Het die eetsaal versier met die landsvlag se kleure ens.
 

Tot die koeke wat ons gekoop het was versier met die landsvlag kleure


Een van die dogters met die tradisionele drag van hierdie area (provinsie) van Mexico



Ons het vir die mense van die bybelstudie kos gemaak vir die aand.  Daar was 45 (grootmense en kinders ingesluit) en ons het besluit op die tradisionele sop (pa Piet se favorite) genaamd posolli.  Dit is stamp mielies met varkvleis en natuurlik rissies.  Dit het ons $20.00 gekos (ongeveer R160.00) om al die mense kos te gee vir die aand.  Die pot waarin ons dit gekook het was so groot dat die een vrou op 'n stoel moes staan om die sop te roer!!!


Wel na 'n aand van sing, sing, eet en nogmaals eet was almal poegaai, maar moes wag vir hulle beddens, maar hierdie outjie kon net nie meer wag nie.



Hier is twee video's wat julle gaan geniet.  Die eerste een is van die bybelstudie, 'n baie gewilde liedtjie wat ons sing en almal doen die bewegings saam met die klompie daarvoor.  Die ander een is 'n pa wat homself en natuurlik my besig hou met pret sodat ons nie hoef te help met die skottelgoed nie :)))



September - bladsy 2

Hier het die nuwe skool jaar begin - ja ek weet dit klink snaaks, glo my ons sukkel nog om gewoond te raak in 'n nuwe skool jaar wat in Augustus  begin.  Met die nuwe skool jaar het ons skool projek weer begin en hier is 'n paar foto's om julle te wys hoe dit hier gaan met die projek.

Ons het 28 kinders wat ingeskryf het en wat gereeld kom.  Elke Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 1.00pm tot 4.00pm is die kinders hier by ons na skool.  Hulle kry 'n maal, en die 4 onderwysers help hulle met hul huiswerk.  Vrydae doen hulle net crafts en bybelstudie in die plek van huiswerk.


Besig met middagete


Besig met huiswerk en crafts



Na hulle huiswerk gedoen het is daar so 30minute tyd om te speel voor die ouers hulle kom haal.  Ons het 'n speelpark as 'n donasie gekry van 'n kerk.  Die basketball court en hops scoth blad het pa en James gelê.

Hierdie is pa Piet se trots.  Ons beplan die einde van Oktober 'n groot sokker wedstryd tussen die kinders en hul ouers om die veld in te wy.

Van 'n sand vlakte vol "moo-poo" tot


September - bladsy 1

Hi daar

Jene, wat 'n maand.  Hier het so baie dinge gebeur dat ek graag alles met julle wil deel, maar omdat ek weet almal het nie altyd genoeg tyd om laaaannng mails te lees nie, sal ek dit opbreuk in 4 bladsye en julle kan op jul tyd terug kom na die link en die res lees.  Dit sal almal aan die regterkant van die blog bladsy wees.

Soos ek sê, wat 'n maand.  Ek dink ek en James kan met trots onsself nou missioneries noem aangesien ons drie van die hoeveelheid peste wat daar is oorwin het.  Onthou van die huis waar daar agt mense inbly wat ons gehelp reg maak het? nou ja het die ma van die huis oorreed dat ons hulle wasgoed moet was.  Hulle het die klere gebruik op die rou sement vloer as bedekking vir die kinders snags om op te slaap, so julle kan dink daar was omtrent niks skoon nie.

Lang storie kort - het James en myself twee dae gevat om al die klere gewas te kry, maar onwetend vir ons het daar besoekers saam gekom.  Die tweede oggend toe ons opstaan was ons albei van kop tot tone vol vlooi byte.  In die middel van die somer het ons huis sommer 'n groot springclean gekry. 

So tussen die gejeuk deur het ons moedig aangestoom, toe kry James scabbies.  Mense wat maklik allergies is vir stof ens. is geneig om dit maklik te kry as hulle in vuil plekke werk.  Nou ja, wat sal ons sê, niemand het ons vertel dat dit aansteeklik is nie, so binne 'n dag sit ons altwee met 'n gejeuk en met "pets" onder die vel.  James was die held in die verhaal want hy het op die internet gesoek vir 'n cure, en binne drie dae was ons albei ontslae van die vlooibyte en scabies (rubbing alcohol werk soos 'n bom - versuip alles bo en onder die vel).

Skaars genees van die vorige twee, kry ons 'n vlaag muskiete.  Gryp sommer dadelik die rubbing alcohol en siedaar alles verby.

Maar gelukkig was alles nie te erg nie, en soos julle met die volgende bladsye sal sien is alles weer terug na normaal en ons nog steeds fris en gesond.  Ons het darem tyd gehad vir pret ook soos julle kan sien met die foto hieronder.

Monday, September 13, 2010

August 2010

Dit was 'n besige maand hier by ons gewees.  Het spanne gehad van begin Julie tot mid-Aug.  Het die span van Las Vegas (Senior kinders) die meeste geniet.  Was nie bang om te werk nie, nog minder bang om mekaar uit te daag om dinge te doen wat hulle nie eers van sou droom by die huis nie, soos om moo-poo (koei mis) te eet.  Moet sê was baie beindruk met die vier Amerikaners wat nie soos die res omtrent om val as hulle net die moo-poo sien.

                                              Marinda wat die drie seuns uitgedaag het, sy moet
                                              eintlik 'n Suid-Afrikaner wees, niks vol fieme nie.

Ons het ook saam met die span aan 'n huis gewerk in 'n baie, baie arm deel van Tijuana.  Het die hele huis vir hulle uitgeverf.  Nuwe kombuis kaste ingesit, teels om die wasbak en kook area en ook vir hulle 'n bed gegee en matrasse vir die kinders.  Hulle is 8 mense (ma, pa en 6 kinders) wat in hierdie klein plekkie bly.

Hoe dit gelyk het voor ons begin het.
Ma besig om die yskas skoon te maak

Ek en Pa in die kombuis deel
James besig om te wys hoe om dit te doen!

Klaar, met 'n nuwe bed en al

Nuwe kombuis met teels, kaste en skottelgoed

















En soos gewoonlik het James nie die kans laat verby gaan om pret te hê met iemand van die span die dag op die strand nie.