Friday, October 8, 2010

September - bladsy 1

Hi daar

Jene, wat 'n maand.  Hier het so baie dinge gebeur dat ek graag alles met julle wil deel, maar omdat ek weet almal het nie altyd genoeg tyd om laaaannng mails te lees nie, sal ek dit opbreuk in 4 bladsye en julle kan op jul tyd terug kom na die link en die res lees.  Dit sal almal aan die regterkant van die blog bladsy wees.

Soos ek sê, wat 'n maand.  Ek dink ek en James kan met trots onsself nou missioneries noem aangesien ons drie van die hoeveelheid peste wat daar is oorwin het.  Onthou van die huis waar daar agt mense inbly wat ons gehelp reg maak het? nou ja het die ma van die huis oorreed dat ons hulle wasgoed moet was.  Hulle het die klere gebruik op die rou sement vloer as bedekking vir die kinders snags om op te slaap, so julle kan dink daar was omtrent niks skoon nie.

Lang storie kort - het James en myself twee dae gevat om al die klere gewas te kry, maar onwetend vir ons het daar besoekers saam gekom.  Die tweede oggend toe ons opstaan was ons albei van kop tot tone vol vlooi byte.  In die middel van die somer het ons huis sommer 'n groot springclean gekry. 

So tussen die gejeuk deur het ons moedig aangestoom, toe kry James scabbies.  Mense wat maklik allergies is vir stof ens. is geneig om dit maklik te kry as hulle in vuil plekke werk.  Nou ja, wat sal ons sê, niemand het ons vertel dat dit aansteeklik is nie, so binne 'n dag sit ons altwee met 'n gejeuk en met "pets" onder die vel.  James was die held in die verhaal want hy het op die internet gesoek vir 'n cure, en binne drie dae was ons albei ontslae van die vlooibyte en scabies (rubbing alcohol werk soos 'n bom - versuip alles bo en onder die vel).

Skaars genees van die vorige twee, kry ons 'n vlaag muskiete.  Gryp sommer dadelik die rubbing alcohol en siedaar alles verby.

Maar gelukkig was alles nie te erg nie, en soos julle met die volgende bladsye sal sien is alles weer terug na normaal en ons nog steeds fris en gesond.  Ons het darem tyd gehad vir pret ook soos julle kan sien met die foto hieronder.

No comments:

Post a Comment