Friday, October 8, 2010

September - bladsy 2

Hier het die nuwe skool jaar begin - ja ek weet dit klink snaaks, glo my ons sukkel nog om gewoond te raak in 'n nuwe skool jaar wat in Augustus  begin.  Met die nuwe skool jaar het ons skool projek weer begin en hier is 'n paar foto's om julle te wys hoe dit hier gaan met die projek.

Ons het 28 kinders wat ingeskryf het en wat gereeld kom.  Elke Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 1.00pm tot 4.00pm is die kinders hier by ons na skool.  Hulle kry 'n maal, en die 4 onderwysers help hulle met hul huiswerk.  Vrydae doen hulle net crafts en bybelstudie in die plek van huiswerk.


Besig met middagete


Besig met huiswerk en crafts



Na hulle huiswerk gedoen het is daar so 30minute tyd om te speel voor die ouers hulle kom haal.  Ons het 'n speelpark as 'n donasie gekry van 'n kerk.  Die basketball court en hops scoth blad het pa en James gelĂȘ.

Hierdie is pa Piet se trots.  Ons beplan die einde van Oktober 'n groot sokker wedstryd tussen die kinders en hul ouers om die veld in te wy.

Van 'n sand vlakte vol "moo-poo" tot


No comments:

Post a Comment