Friday, July 29, 2011

Nuus

Die afgelope paar maande was ons besig met so baie verskillende dinge, en wil graag alles met julle deel.

Die grootste natuurlik was ons trots - Illandra het haar graad gekry en as sy volhou soos wat sy beplan, een van vele, wil graag ook haar PhD kry soos haar tannie.  Sal waardeer as julle saam met ons bid dat sy gaan regkom dat een van die olie baronne in Texas vir haar studies sal betaal, want dan kan sy volgende jaar Augustus Texas toe trek en weer volstoom begin studeer.


Met die dat dit nou somer is, word ons toegeval met spanne van die VSA.  Hier is so paar foto's van wat ons en die spanne die afgelope maand en half gedoen het.


'n Span besig om by 'n outehuis 'n sement paadtjie te maak vir die rolstoele

Die dames span van Las Vegas gee 'n dames tee vir die Mexican
dames in die half geboude kerk waarmee James besig is

Die kerk waarmee James besig is om te help bou sal ek so oor twee weke as dit klaar is met julle deel.


Speel saam met die kinders baseball.  Moet sê ek verkies
eerder krieket, baie minder hardloop werk!

Doen facepainting en crafts met die kinders

Hierdie foto het ons op die strand geneem, en ken die meisie van geen Adam af nie.  In Mexico as 'n meisie 15 word is dit 'n groot ding (sy word dan geag as 'n volwasse) en word genoem die Quinceañera.  Die ouers spandeer meer op hierdie tradisie as wat hulle geld uithaal as die dogter eendag trou.


Tot volgende keer, groete van ons hier in Mexico.

Thursday, July 28, 2011

Hoe om tamalies te maak

Hi daar

Wil met julle deel hoe om tamalies te maak - het verlede week na 3 jaar die eerste keer ons eie gemaak.  Dit is 'n tradisionele gereg (soos pap en sous) hier in Mexico.  Daar is juis 'n grappie wat saamgaan met die gereg - hulle vra "hoekom kry Mexikaanse kinders tamalies vir kersfees" - "sodat hulle pakkies het om oop te maak".

Dit was baie werk, maar lekker pret omdat die vrou wat ons gewys het, nie skroom om ons te wys hoe onnosel ons is nie.

Die gereg word gemaak van 'n mengsel wat lyk soos mieliemeel.  Dit word gestoom in mielieblare.  Jy kan dit vul met enige iets onder die son as jy jou verbeelding gebruik (amper soos samoesas).  Hier is 'n paar foto's om te beskryf hoe ons dit gemaak het.

Eerste die voorbereiding wat voel asof dit ure en ure vat.  Die deeg moet vir 'n uur aanmekaar geroer word (aangesien ons nie 'n elektriese mengel het nie).  Vir hierdie tamalies het ons net gekookte hoender en salsa ingesit.

Ek en Corne besig met die mengsel en hoender


Na al die geroer, eers 'n rus kansie sodat die mielieblare kan sag word in warm water en 'n koffie gesluk kan word.

Hier smeer ons die mielieblare met 'n dun lagie van die meel mengsel.   Soos die tamalie stoom word die mengsel gaar (soos pap) en as jy dit te dik aansmeer is dit glad nie lekker en proe jy nie eers wat binne in is nie.


Nou sit jy jou vulsel in - ons het hoender gebruik, maar hulle is ook baie lekker met vark.  Van die mense sit tot rissies gevul met kaas binne in.



Nou kom die lekker deel - die salsa.  Hier het ons 'n rooi een gebruik en glo my dit is glad nie sterk nie, proe amper soos tamatiesous.  Die groen een het die lekker skop in.



Hulle word nou mooi gevou en vas gebind en in 'n pot gesit.



Moes eers die kleintjie uit die pot kry voor ons die tamalies daar kon in kook.  Dit is die baba van die Amerikaanse paartjie wat saam met ons hier werk, baie oulike baba.



Hier is die regte tamalies in die pot.  Daar is 'n boom met gaatjies onder die pot sodat jy die water kan insit.  Die tamalies word nou gestoom vir ongeveer 2ure tot gaar.



Die span wat hier was van Las Vegas kon nie glo ons het dit self gemaak nie, het ons onder die tafel ingeeet.

Monday, May 2, 2011

Feb - April 2011

Jammer dit het so lank gevat om weer nuus te stuur, maar gelukkig kan ek met eerlikheid sé ons het vanaf die 18de Feb tot en met 21 April aan mekaar spanne gehad, en intussen het ons lekker vet pret gehad met ons kinder program.

Die eerste naweek in Maart was ek en James uitgenooi weereens vir 'n naweek van Nascar - dit was heerlik.  Het nooit gedink ek sal van geraas en rook hou nie, maar moet baie eerlik wees, die is darem stukke beter as die drags in SA!!!  het glads my eie gunsteling kar!




In die middel van Maart het ons ons gunsteling span hier gehad van Kanada, gelukkig die jaar net 30 en hulle het ons gehelp met ons olimpiese spele vir die kinder program (eintlik was dit sommer net boeresport, maar hoe sal die klomp dit nou verstaan!!)



Soos gewoonlik is James in die middel van alles!
Die kinders speel darem ook nie die hele tyd nie.  Ons was so trots op ons kinders want omtrent 2/3 van al die kinders het 1ste of 2de plek in hulle klas gekry die afgelope termyn as gevolg van al die hulp wat hulle gekry het met hul huiswerk.


Ons het baie reen gehad die afgelope maande, ongewoon vir die area waar ons bly.  Een oggend staan ek en James by die kombuis en wag vir die mense om te kom eet en hoor net een hengse slag.  Hulle verf bodega (stoor - sien nou leer julle sommer 'n nuwe spaanse woord) het uitmekaar geval van al die reen.  Alles word mos van hout gebou en die bodega was vrot van al die reen.



Gelukkig was die steun pilaar en dak darem nog daar!
 Met die hulp van 'n paar ouens van Las Vegas het pa Piet sommer 'n nuwe fancy bodega vir hulle gebou - natuurlik moes dit groter wees as die vorige een.



Die eerste naweek in April het ons 'n mans konferensie gehad met 52 ouens wat hier gebly en geeet het.  Was natuurlik van vroeg dag tot lank na son onder in die kombuis besig met kosmaak en skottelgoed was.



Die tafel amper te klein om al die slaai borde te vat

'n egte Mexican slaai vir die ouens
  Die 19de April was ek en James 25 jaar getroud - klink na 'n leeftyd, maar glo my die tyd gaan so vinnig verby ek begin al beplan vir die 50ste een :)  My grootste wens is om nog op 'n seevaart te gaan, en ek en James het besluit dit is hoe ek gaan lyk die dag as ons gaan, reg met my hoed en roeispaan ingeval ons 'n reddingsboot nodig het.


Net om die somer welkom te heet, het ek James se hare gesny - en vir die REKORD - hy het die nommer van die knipper gegee, ek het net die snywerk gedoen.


Tot ek weer met julle gesels, mooi bly en sien uit na julle winter - dankie tog hier begin dit somer raak, maar soos ons mense maar is, ek weet binnekort gaan ons kla oor die hitte!

Wednesday, January 26, 2011

Januarie 2011

Hallo almal


Voorspoedige Nuwe Jaar vir julle almal en ek hoop jul almal se wense kom waar.  Ons grootste wens natuurlik dat vriende en familie die jaar vir ons kom kuier.  Het darem al 'n belofte van Tiaan en Renette om Desember 2012 te kom kuier.  Maryna en Tannie Joek sien ons einde Jan vir so paar dae.


Hier by ons het die jaar maar koud en mistroostig geeindig en begin, soos julle kan sien met die foto, dit was kersoggend.

Maar soos opregte Suid Afrikaaners het ons ons glad nie laat afsit met die weer buite nie - kon nou wel nie die gewone braai en swem doen nie, maar glo my ons het goed weg gelê in die kosse vir die dag.  Hier 'n paar foto's van ons dag. 
Reg vir die dag, warm aangetrek en al begin eet van vroeg af met die koek op die tafel voor ons.

Genoeg kos vir 'n army, maar gelukkig was daar geen bang haar op ons koppe nie ::)))


Die res van die koue dag deurgebring met Bingo, Monopoly and natuurlik die familie gunsteling - Uno.

Voor Kersdag het ons vir die kinders van ons program 'n heerlike kersparty gehad.  'n Kerk van Los Angeles het al die geskenke gestuur en elke kind het sy eie geskenk gekry.  Daar was so baie glimlagte die dag,  en ons voel so bly want daar is kinders wat ons weet nie geskenke gaan kry vir Kersfees nie.


James en Marie "Vader en Moeder Kersfees"


Die grootste geskenk ooit, hierdie is seker een van die ernstigste kinders wat julle nog gesien het, wel hierdie is die eerste keer wat ons 'n glimlag van hom sien.  Het die hele dag met sy remote control kar onder die arm rond geloop, was te bang iemand raak net daaraan.


Die kleinste van almal het amper die grootste geskenk gekry, glads die pak lekkers wat hy saam gekry het eenkant gegooi en die kitaar gegryp (o ja, voor ek vergeet, dit is my en James se aangenome kleinseun!)

Ons het ook vir ons Spaanse bybelstudie dames 'n tee gegee vir hulle afsluiting.  Was baie trots op ons tafel versierings, en natuurlik al die kos was self gemaak (meeste deur ma Babs natuurlik)


Hierdie is my spogstuk van die dag, koek van scratch gemaak.


'n foto van al die dames na hulle lekker trommel dik geeet het.



Nou is alles weer terug na normaal.  Die skool het begin na die kers vakansie en ons gaan weer volstoom aan met ons normale dinge. 


Hier is 'n video wat ek weet julle sommer baie gaan geniet.  Met sy kitaar het die outjie besluit hy is nou reg om die singery op 'n Woensdag aand met die bybelstudie te join.

Tot volgende keer, groetnis van ons hier in Mexico

Wednesday, December 15, 2010

October tot November 2010

Genade, kan nie glo die jaar is al amper verby nie.  Hierdie was twee bitter-soet maande.  Soet - James het die geleentheid gehad om by sy familie te kuier in Suid Afrika, maar bitter want ons het afskeid geneem van skoonsus Liz wat haar moedige stryd verloor het teen die kanker.


Terwyl James besig was in SA met die....


was die res van ons aan die gang hier in Mexico.


Na maande se pamperlang en troetel van Pa Piet, het ons die groot in weiding van die sokker veld gehad.

Hier is 'n paar foto's om te deel wat ons alles die dag gedoen het.

Die meisies verkies die groot bal

Twee van die heel kleintjies besig met hulle snacks

Besig om hotdogs uit te deel

Die ma's maak goeie cheerleaders

Kleintjies besig met hulle wedstryd

Tot die mans en vrouens het teen mekaar gespeel

Aan almal van julle.....

FELIZ NAVIDAD Y UN PROSPERO AÑO NUEVO

Friday, October 8, 2010

September - bladsy 4

Die laaste twee weke van September was een van die tye wat mens nie sommer maklik sal vergeet nie, want die seer spiere elke aand herinner jou daaraan.  Langs ons het twee jongmense gewoon wat deurmekaar was met dwelms.  Die ma van die seun het hom in 'n rehab laat sit en die meisie is terug na haar familie in die VSA.  Na 'n paar weke se onderhandelinge het sy toestemming gegee dat een van die pastore (die een wat ons bybelstudie doen op 'n Woensdag) kan intrek.

Saam met 'n span van Las Vegas het ons hierdie huis behoorlik op sy kop laat staan en verander.  Die groot konstruksie werk is deur die span gedoen die een week, maar al die fyn afwerk is deur ons gedoen.  James het die gas geyser ingesit, die stoof gekoppel.  Pa Piet het al die teel werk gedoen.  Ek het die verf werk in die twee badkamers gedoen en ma Babs het gehelp verf en skoonmaak.

Hier 'n paar foto's van die huis.

Voor ons begin het, het hy so gelyk....

Na ons buite klaar was, lyk hy nou so (die werk goete is darem intussen weg gevat)


Die agterkant voor James die geyser ingesit het vir hulle



Die kombuis, eetkamer en sitkamer is een groot vertrek, hier is 'n paar voor en na foto's van dit.





In plaas van een groot slaapkamer is daar nou twee kamers.  Een vir die ouers en een vir hul 10 jarige dogter.



Dit is die dogter se nuwe kamer.












Die badkamers was die grootste uitdaging.
Eerste badkamer

Tweede badkamer en die vertrek waarop ons almal die trotste is...



Daar is net plek vir die ouers en die dogter om te slaap. Die twee seuns (18 en 19) slaap tans in die sitkamer.  Ons het almal om ons gevra vir 'n RV of ou trailer, en is 'n bus geskenk.  Nou hier is ons volgende uitdaging om vir die twee seuns 'n slaap plek te kan maak daar.  Het die bus langs die huis getrek.


Hopenlik met die volgende blog kan ek vir julle foto's stuur van die veranderinge ook.